Lev. 23:2
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feeste van YHWH wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feeste.
Die feeste is Vader YHWH se volmaakte verlossings plan geopenbaar deur YAH’shua. Dit dien as herdenking van wat YAH’shua vir ons gedoen het met sy dood en opstanding en ook as ‘n heen wysing van wat Hy nog gaan doen met sy wederkoms.
Pesach – Pasga
Lev. 23:5
In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van YHWH
23 April om 18:00 tot 24 April om 18:00
Ongesuurde Brode
Lev. 23:6
en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van YHWH, sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
24 April om 18:00 tot 1 Mei om 18:00
Eerste Vrugte
Lev. 23: 10-11
Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van YHWH beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
27 April om 18:00 tot 28 April om 18:00
Shavuot/Pinkster
Lev.23: 15-16
Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die YHWH bring.
15 Junie om 18:00 tot 16 Junie om 18:00
Yom Teruah/ Fees van Trompette
Lev.23:24
Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag.
3 Oktober om 18:00 tot 4 Oktober om 18:00
Yom Kippur/ Versoensdag
Lev. 23:27
Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan YHWH ‘n vuuroffer bring.
12 Oktober om 18:00 tot 13 Oktober om 18:00
Sukkot/ Fees van Tabernakels
Lev. 23: 34
Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir YHWH.
17 Oktober om 18:00 tot 25 Oktober om 18:00